Moeder-bederf

Kinders en mammas saam met Annemarie Maloney, sentrumbestuurder
Kinders en mammas saam met Annemarie Maloney, sentrumbestuurder

LEPHALALE — Kinders kon hul moeders Saterdag gratis by Lephalale Square se teetafel laat aansit vir ‘n lekker bederf met kolwyntjies en tee.
Annemarie Maloney, sentrumbestuurder, was aangenaam verras met al die kinders wat met hul ma’s aan die hand daar opgedaag het. Uitstallers het ook van die geleentheid gebruik gemaak en hul ware uitgestal. Dames wat die stalletjie met die egte beesleerhandsakke teen uiters billike tariewe en Tupperware teen spesiale pryse misgeloop het, kan met reg spyt wees daaroor. ‘n Stalletjie vir die DBV, beman deur vrywilligers, was ook teenwoordig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.