Nuut in dorp

Roché en PB
Roché en PB

LEPHALALE – Roché Pieterse en PB Wessels is twee op-en-wakker jong manne van Lephalale wat pas met ‘n nuwe besigheid, RP Systems begin het.
Hulle het ‘n gaping in die mark raakgesien vir dienste soos die verskaffing en installering van sonpanele, hekmotors, elektriese omheinings, garagedeurmotors, kringtelevisie kamera-sisteme (CCTV), palissades en ander omheinings, alarmsisteme en enige soortgelyke produkte en dienste.
Roché en PB bedryf hul besigheid vanaf die ligte industriële gebied by Etronstraat 6. Vra jy vir die twee geesdriftige jongmense wat hul missie en visie is, kom dit soos uit een mond: absolute goeie dienslewering. Dit is duidelik dat gelukkige en tevrede kliënte ononderhandelbaar is en dat hulle alles in hulle vermoë sal doen om ‘n hoë gehalte en kwaliteit diens met integriteit te lewer.
Hulle werk wyd, tot sover as Steenbokpan, Soutpan, Shongoane, Seleka, Marken, Tom Burke, Stockpoort, Swartwater, Baltimore, Vaalwater en dan natuurlik in Lephalale.
PB en Roché wil graag plaaseienaars se aandag daarop vestig dat hulle spesialiseer in wild- en sekuriteitheinings met die nodige sekuriteitshekke met elektriese motors.
Skakel hulle gerus by 083 659 0988 (Roché) of 081 817 7733 (PB) vir enige verdere inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.