Ontmoet die mense van Die Laan

LEPHALALE — “Die Laan” is ‘n eenrigtingstraat wat uit Dikbasstraat draai (langs Hyundai) met die uitgang in Driftstraat. Daar kry jy ‘n paar juweeltjies van winkels.
Bosveld Biltong en Braai Vleismark doen reeds ‘n geruime tyd besigheid in Die Laan en is bekend vir gehalte vleisprodukte, heerlike droëwors en biltong asook regte, egte rollermeule mieliemeel. Cobus en Reina Daffue is die eienaars.
Marietjie Reyneke van Bellissimo Beauty Salon het geen bekendstelling nodig nie. Sy spesialiseer in naels, maar dames kan gerus ook by haar aandoen vir ander skoonheidsbehoeftes soos byvoorbeeld Lipo².
Biekie Lap @ Quilters Lane is ‘n ware juweel en mens staan verwonderd oor die pragtige kwiltwerk wat Marcelle Steyn, eienaar, maak. Sy bied klasse aan en voorsien in alle kwiltbenodighede.
5th Avenue Fabrics is ‘n lappiewinkel na elkeen se hart. Hulle verskaf gehalte sjiek materiale en bied ook naaldwerkklasse aan. Annatjie, Lauren en Elna is kenners op die gebied van klere- asook gordynmakery.
Salon Emmánuel van Maryke Viljoen is ook ‘n eenstopsalon wat spesialiseer in manikure, pedikure, handgeverfde naelkuns en ander skoonheidsbehoeftes en na jare in die bedryf kan sy met ‘n geruste hart besoek word.
Ietsie van Alles is presies wat dit sê: Letterlik ietsie van alles word daar gedoen. Verstellings en reparasies aan klere en gordyne. Stoffering en opkikker van kantoorstoele ens. Restourasie en herstel van meubels en nog baie meer. Vra vir Elize en Jan en hulle doen dit!
Plus 5 Self Storage is bekostigbare en handige selfstoorplekke en gerieflik in die dorp. Moenie sukkel nie. Kontak Maree Aucamp by 072 959 2519 indien jy ‘n veilige stoorplek soek.
Sien gerus hul advertensies onder aan dié bladsy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.