Oud-Asjassie bederf skool

LEPHALALE — Die Asjassies van Fort Asjas Kleuterakademie is Vrydag, 7 Julie met heerlike eetgoed verras.
Joalize Heyneke, een van die Mej Bosveld 2017 finaliste en self ‘n oud-Asjassie, het dit goed gedink om terug te ploeg in die gemeenskap deur die kleuters te bederf.
Bekkie van Wyk, skoolhoof, sê die kleuters het dit baie geniet en bedank Joalize vir die mooi gebaar.
“Joalize is ‘n superster” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.