Pianiste in wording …

Voor v.l.n.r.:  Eduard Johnson, Claudine Johnson, Marthinus Pretorius, Tina-Mari de Kock, Nialize Jordan, Marcelle Kritzinger, Miné van Blommestein en Gabriella Hefer. Agter:  Christel van der Merwe, Wian Desplant, Calista Mackenzie en Inge Botes
Voor v.l.n.r.: Eduard Johnson, Claudine Johnson, Marthinus Pretorius, Tina-Mari de Kock, Nialize Jordan, Marcelle Kritzinger, Miné van Blommestein en Gabriella Hefer.
Agter: Christel van der Merwe, Wian Desplant, Calista Mackenzie en Inge Botes

Op 26 November 2015 het die begaafde musiekonderwyseres, Onelia Grobler, en haar musiekleeringe ‘n musiekuitvoering in die NG Kerk Ellisras-Wes gehou.
 En soos altyd was oupas, oumas, ouers, maats en vriende teenwoordig om na die talentvolle leerlinge te luister. Al die leerders kon dit ongelukkig nie bywoon nie.
 Volgens Onelia het elke leerling die gehoor beïndruk met pragtige spel waarop sy en die ouers trots kan wees – voorwaar pianiste in wording!
 Leerders het na afloop van die konsert sertifikate ontvang en die aand is afgesluit met heerlike verversings wat deur die ouers voorberei is.
 Belangstellendes wat graag klavierles wil neem kan Onelia skakel by 082 746 4833.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.