Rooi tapyt uitgerol

LEPHALALE — Die rooi tapyt was Maandag 6 Januarie uitgerol by Mogol Nissan vir die nuwe Nissan Navara se bekendstelling wat deur meer as 120 mense bygewoon was.
Dit was duidelik dat belangstellendes nie kon wag dat die nuwe Navara sy opwagting in Lephalale maak nie en dié Nissan-pronkstuk is van binne en buite gefynkam. Van die persone teenwoordig het vir Mogol Pos gesê dat hulle werklik beïndruk is daarmee.
Daar is ses aspekte wat veral belangrik is om te weet van die nuwe Navara: Dit is beskikbaar in ‘n 2.3 liter enkel- asook ‘n dubbelturbo dieselenjin; 7-spoed outomatiese transmissie ratkas met ewenaarslot; uitstekende stabiliteitsbeheer asook op- en afdraendbeheer; vier kameras insluitend ‘n trukamera en –sensors; skokbrekers met 5-skakel vir beter prestasie, stabiliteit, vraghantering en uitstekende reisvermoë; brandstofverbruik is ongeveer 6.3 liter per 100 km. En natuurlik is dit sag op die oog en enige bakkieliefhebber se droom.
Dit is duidelik dat die nuwe Navara een van die gunstelinge in sy segment gaan word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.