SA Skips maak skoonskip

Dawie, Malize en Dalize by die parmantige Lephalale SA Skips-waentjie
Dawie, Malize en Dalize by die parmantige Lephalale SA Skips-waentjie

LEPHALALE — Lephalale SA Skips onder eienaarskap van Dawie en Malize du Plessis vier hierdie maand hul eerste verjaardag van besigheid doen in die dorp.
‘n Raps meer as ‘n jaar gelede het hulle die behoefte aan vullisverwydering en nog ander behoeftes in die vinnig groeiende dorp raakgesien en die stap geneem om Lephalale SA Skips te begin. Dawie, Malize en Dalize, hul dogter, is baie trots om te sê dat hulle self die werk doen en kwaliteitbeheer dus doeltreffend kan toepas.
Lephalale SA skips lewer ‘n gerieflike, flink, vinnige en bekostigbare diens aan die publiek, kontrakteurs, boukontrakteurs, gastehuise, lodges, plaasboere en enige besigheid wat daarin belangstel om van hul dienste gebruik te maak. Dawie sê dat veral kontrakteurs nie nodig het om produksietyd in te boet met die moeite om afval te verwyder nie. Hulle nooi ook huiseienaars om hul tuinblare en -takke bymekaar te maak en wanneer dit jou pas, skakel hulle gerus om dit te gaan haal – dit spaar jou baie moeite en tyd om tuinvullis self na die stortingsterrein te neem en maak dus die lewe vir almal maklik. Verder lewer hulle sand, klip en “topsoil” af.
Die area waarin hulle werk is tot so ver as Marken, Steenbokpan, Stockpoort, Tom Burke, Swartwater, Shongoane en Seleka.
Die parmantige Lephalale SA Skips-waentjie is maklik hanteerbaar en afval kan selfs binne in ‘n besigheidsentrum bereik word, wat baie kopseer uitskakel.
Hulle strewe daarna om ‘n uitmuntende diens aan die gemeenskap te lewer. Besoek gerus hul Facebook Lephalale SA Skips-blad en vergewis jouself van wat alles deur hulle gedoen kan word – hulle maak beslis skoonskap van afval! Skakel 063 097 4980 of 076 456 2076 om van hul dienste gebruik te maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.