SBS is aanwins

Quentin en Dawie van SBS
Quentin en Dawie van SBS

LEPHALALE — Dawie de Wet het sy wortels na 20 jaar by die see opgetrek en stewig in die bosveld kom plant. Hy was vir 30 jaar area-bestuurder by die JD Groep waarna hy in Januarie 2015 afgelê is. Hy sê dat dit eintlik ‘n fantastiese geleentheid was om die bosveldkultuur te kom verken.
Specialized Building Supplies (SBS), met Dawie as direkteur, het in Julie 2015 die besigheid in die ligte nywerheidsgebied die lig laat sien. Hy het Lephalale geïdentifiseer as ‘n snelgroeiende dorp en het navorsing gedoen rakende produkte wat nie geredelik in die dorp beskikbaar is nie.
Die moderne en gewilde ISO-board was die eerste produk wat Dawie begin het om te verskaf en vinnig daarna het Cornerstar Africa Flyscreens gevolg. Hy wil sommer dadelik enige verwarring oor ISO-board uit die weg ruim en sê: “Dit is nie polistireen nie, maar wel materiaal waaruit lugmolekules gepers is wat hittegeleiding uitskakel wat dit ideaal vir hierdie klimaat maak. Dit is die perfekte oplossing vir plafon-insulasie”. Alhoewel ISO-board effe duurder as ander insulasieprodukte is, verskaf dit lewenslange insulasie, “al bars jou geiser”, sê hy.
Cornerstone Africa is die grootste vervaardiger van gaasdraad wat slegs die hoogste gehalte rou materiaal gebruik. Verskillende tipes deure en vensters in verskeie kleure is beskikbaar onder andere veselglasgaas asook vlekvryestaalgaas wat bestand is teen beskadiging deur ape, honde ensovoorts en veral gewild is vir gebruik op plase en by lodges. Nog goeie nuus is dat SBS aluminiumvensters, deure en skuifdeure teen kompeterende pryse aan die publiek kan verskaf d.m.v. verskeie agentskappe wat verskillende opsies bied.
Quentin Coetzee, Dawie se skoonseun, het hom pas as elektrisiën onder die SBS-vaandel aangesluit om ‘n meer uitgebreide produk en diens te lewer. Quentin is ‘n gekwalifiseerde elektrisiën en geakkrediteer om COC-sertifikate uit te reik tot op 3-fase elektrisiteit. Verder het hy die nodige toerusting om foute op te spoor en te herstel vir industriële sowel as residensiële gebruik. Hy bied ook ‘n alternatief vir kragvoorsiening, naamlik solarpanele en oplossings vir bystandkrag soos voorsiening en installering van kragopwekkers en UPSe (Uninterupted Power supply). Quentin herstel en installeer ook elektriese heinings.
SBS doen gedurig navorsing na nuwe agentskappe vir gehalteprodukte en nooi die gemeenskap uit om hulle te besoek in Etronstraat in die ligte nywerheidsgebied in Onverwacht. Hulle bedank ook die gemeenskap vir hul ondersteuning ten spyte daarvan dat SBS nog nie lank in Lephalale is nie.
Kontak hulle by 072 615 1239 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.