Slaan munt uit jou UA se belastingaftrekkings

Almal hou van ’n belastingvoordeel!
Dorothy Davies, adviseur van Sanlam, sê daar is nog net ’n maand oor voor die einde van die 2015-belastingjaar, en ’n uitstekende geleentheid om voordeel te trek uit ’n belastingaftrekking deur soveel as wat jy kan in ’n uittree-annuïteit (UA) te belê.
Jy kan tot 15% van jou jaarlikse belasbare inkomste tot jou UA bydra, en aangesien hierdie bydrae uit jou voorbelaste inkomste kom, kan jy inkomstebelasting tot na aftrede uitstel. Dit is ’n groot voordeel aangesien jou individuele belastingkoers, kortings en toelaatbare aftrekkings by aftrede gunstiger sal wees as nou.
Dorothy glo ’n uittree-annuïteit is een van die beste beleggingsmediums vir aftreespaargeld, omdat dit jou nie net inkomstebelasting gedurende jou werkjare bespaar nie, maar ook belastingvrye beleggingsopbrengste verdien. Verder word fondse wat in ’n UA geakkumuleer word van boedelbelasting vrygestel en teen krediteure beskerm.
UA’s het oor die jare ontwikkel om by ’n wyer groep beleggers byval te vind. Sanlam se Echo Bonus UA bied byvoorbeeld ’n bonus vir elke liewe bydrae wat jy lewer. Dit is ’n baie aantreklike faktor en is veral gewild onder jonger beleggers.
Sanlam ontwerp produkte met inagneming van mense se behoeftes sowel as hul uitdagings. Ons weet vir baie mense is dit moeilik om aan te hou belê nadat hulle ’n spaarplan begin het.
Dis waarom ons Cumulus Echo UA ’n aansporingsbonus-struktuur insluit wat mense wat enduit belê, beloon. Hoe meer en hoe langer jy spaar, hoe groter is die bonus.
Om aan verbruikers ’n moeitevrye oorgang na aftrede te bied, het Sanlam die konsep van die Echo Bonus na die Cumulus Echo Aftreeplan uitgebrei.
Met die Cumulus Echo Aftreeplan hou die Echo Bonusse nie op wanneer jy aftree nie. Jy sal by aftrede ’n opsie hê om jou belegging voort te sit sonder om verdere bydraes te lewer terwyl jy ’n gereelde inkomste trek.
Dorothy verduidelik dat die voordeel van hierdie aftreeplan tweeledig is: Afgesien van die feit dat jy ononderbroke vir die res van jou lewe jou Echo Bonusse verdien en laat groei, sorg dit dat jy ’n moeitevrye oorgang na aftrede het. Dit beteken jy hoef jou nie te bekommer oor die vergelyking van annuïteite en te wonder of jy die regte besluit geneem het nie. Jy tree af binne ’n produk wat jy ken.
Kontak Dorothy Davies by 014 763 2260 of 082 783 3298 vir kundige finansiële advies.
Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.