LEPHALALE — Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Lephalale het pas weer met ʼn kompetisie begin waarin ʼn parmantige, bloedrooi Toyota Etios gewen kan word.

Lootjies kos R200 per lootjie en gelde wat ingesamel word, is om die GPF se Delta1-dienskamer te befonds vir aanwending van kantoorhuur, 24/7-telefoonnoodlyn, ensovoorts om die hele gemeenskap by te staan waar hulp benodig word.
Die trekking word Saterdag 30 November gedoen en jy kan dalk die een wees wat wegry in hierdie spoggerige Etios-voertuig.
Skakel Sonette Coetzer by 079 524 0767 vir meer inligting.
(Sien berig elders in koerant oor die belangrike werk wat deur die GPF gedoen word – Red)