Talisman se familiepretdag

LEPHALALE — Talisman bied Saterdag 9 Maart ʼn Muddy Buddy-familiepretdag aan ten bate van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Lephalale.

Dit beloof om groot pret te wees, veral as jy en jou hond kans sien vir 17 hindernisse… Besighede wat belangstel kan ʼn hindernispunt borg vir verkoop/bemarking van produkte en ʼn span van ses persone inskryf.

Addisionele uitstallers kan hul stalletjies teen R500 per stalletjie oprig. Dié fondse gaan vir die DBV in Lephalale. ʼn Belastingfaktuur, BTW ingesluit, sal aan besighede uitgereik word.

Talle pryse is op die spel en die modderhindernisse sluit tou klim, ʼn skuim “slip en slide” en talle meer in.

Die DBV is ʼn organisasie wat uitsluitlik afhanklik is van die gemeenskap vir donasies om die deure oop te hou. Hierdie inisiatief van Talisman kan bydra tot ʼn goeie hupstoot in die DBV se finansies.

Kontak gerus vir Magda Swanepoel by 082 306 7274 of Desiree Cloete by 072 563 1840 vir besprekings- en inskrywingsvorms.

Talisman is ʼn verhuringsbesigheid en geleë langs OR Tamborylaan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.