Trotse voertuigeienaars

Koekies Koekemoer en sy dogter Gerda by die Chevvie Spark

LEPHALALE — Met die herstrukturering van General Motors is Chevrolet-voertuie nie meer in Suid-Afrika beskikbaar nie. Opel gaan egter onder ʼn nuwe sambreel in Suid-Afrika besigheid doen.

Bosveld Motors het pas finaal totsiens gesê vir dié twee modelle. Die laaste van dié produkte op hulle vloer is pas van die hand gesit. Koekies Koekemoer is die trotse eienaar van ʼn Chevrolet Spark 1.2 LS en Engela van der Bank van die oulike Opel Mokka X Outomaties.

Engela van der Bank met haar Opel Mokka X Outomaties saam met Cobus Biljon

Bosveld Motors was vir die afgelope 22 jaar ʼn GM-handelaar. Goeie nuus vir die gemeenskap is dat Bosveld Motors nog steeds handel dryf in die gewilde Isuzu-voertuie. Cobus van Biljon, verkoopsbestuurder, nooi al die Bosveld Motors-kliënte om hulle te besoek. Uitbreidings word vir 2018 in die vooruitsig gestel en Cobus verseker die publiek dat hulle op hoogte gehou sal word.

Kontak Cobus by 014 763 4587 vir enige verdere inligting. Bosveld Motors is geleë in Wellsstraat.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.