Uniek aan DOVES Lephalale

’n Spesiaal vervaardigde peerhoutkis wat die afgelope naweek gebruik is vir ’n DOVES Lephalale-begrafnis

Die afsterwe van ‘n geliefde bring altyd onsekerheid en verslaentheid.

Die ergste is dat jy juis in hierdie tyd gekonfronteer word met ‘n oorvloed reëlings rondom die laaste groet van jou geliefde.

Een van die mees algemene verwyte wat die geliefdes wat agterbly ná die tyd het is: “ek wens ek kon die afskeid meer persoonlik maak”.

Die personeel van DOVES Lephalale streef daarna om ‘n meer persoonlike en intieme diens te verskaf, met eksklusiewe aanbiedinge uniek aan DOVES Lephalale.

Die diens wat DOVES Lephalale lewer verwoord die karakter van die oorledene asook die wense en voorkeure van die familie. Verskeie dinge dra by tot die verpersoonliking van ʼn begrafnis of roudiens:

  • Die keuse van ’n kis – DOVES Lephalale maak gebruik van die dienste van ’n plaaslike vervaardiger wat soliede houtkiste met die hout en ontwerp van jou keuse maak.
  • Begrafnisbriewe word verpersoonlik deur middel van foto’s of ander ontwerpe wat deur families voorgestel of gekies word.
  • Kisruikers word gemaak met inagneming van die oorledene se geliefde blomme en kleure.
  • Roudienste word by die kerk of ’n ander fasiliteit van die familie se keuse gehou en indien verkies kan ʼn prediker gereël word om ʼn boodskap te bring, wat ooreenstem met ʼn spesifieke versoek van die familie.
  • Samevattend kan al die reëlings vir ’n begrafnis aan DOVES Lephalale se professionele diens oorgelaat word – van die afhaal van ’n geliefde tot die laaste groet.

“Dood is seker die een onderwerp waaroor gereeld gepraat moet word maar ons swyg te maklik daaroor”

Bogenoemde stelling is algemeen – dit is belangrik om vroegtydig beplanning vir jou afsterwe te doen aangesien almal op ‘n dag tot sterf. Belangrike aspekte om in aanmerking te neem is:

  • Is jou testament in orde? Die aanbeveling is om een keer per jaar, of na ʼn groot gebeurtenis soos die geboorte van ʼn kind, jou testament na te gaan en te verander waar nodig.
  • Is daar genoeg voorsiening gemaak vir sterfteversekering, is jou begrafnisdekking in plek? Ten minste R16 000 is nodig om ʼn standaardbegrafnis te hou, maar DOVES begrafnispolisse behels ʼn skamele premie van R170 per maand vir die hele gesin.
  • Kry kwotasies aangesien die koste vir dieselfde soort begrafnis met tot R8 000 kan verskil by verskillende ondernemings vir dieselfde diens.
  • Verkies jy ’n kis gemaak van jou gunsteling hout? Jy kan ʼn kis laat maak teen ʼn gekwoteerde prys – óf van hout self deur jou verskaf óf hout wat spesiaal bestel word.
  • Verkies jy ’n begrafnis of verassingsdiens?
  • Waar moet jy te ruste gelê word?
  • Dit is ook baie belangrik om die praktiese uitvoerbaarheid van jou keuse in gedagte te hou.

DOVES Lephalale nooi jou uit om hulle te kontak vir al die beplanning rondom ’n begrafnis.

DOVES Lephalale verskaf ook gratis sterwensbegeleiding, aangebied deur ’n professionele persoon.

Besoek DOVES Lephalale by Jan Leestraat 6 of skakel hulle by 014 2135 of 084 506 1917. Die kantoor se nommer is ook by die noodnommers gelys in Mogol Pos.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.