Van droom tot werklikheid

LEPHALALE — PSG Wealth Insure, met Werner Malan en Freddie Schoeman as eienaars, het Donderdagaand 17 Mei tydens ʼn glansryke funksie hul indrukwekkende nuwe kantore in Patryssstraat bekend gestel. Wat aanvanklik net ʼn droom was het werklikheid geword.

Voor v.l.n.r.: Gawie Redelinghuis (Hoof: Welvaartdistribusie), Ronald Kind (Hoof: Openbare beleid en regulatoriese aangeleenthede), Werner Malan (PSG Wealth Insure) en agter: Freddie Schoeman (PSG Wealth Insure) en Barry Swanevelder (PSG Streeksbestuurder)

Ronald King het die gaste toegespreek en gesels oor die wêreldwye onsekerheid. Hy het Suid-Afrika bestempel as ʼn goeie plek. Beter as baie ander lande. Hy het gesê dat Suid-Afrikaners baie voorregte het, ongemaklike situasies kan stabiliseer en dit uitgestippel dat ander lande op hul beurt probleme van hul eie het. Met mense wat deesdae langer leef het Ronald aftreebeplanning beklemtoon en gesê dat PSG, ongeag eksterne faktore, kundiges op die gebied daarvan is. Goeie raad was dat jy nie jou aftreegeld vir jou kinders moet gee nie, maar eerder jou onafhanklikheid van hulle na jou aftrede.

Werner het almal wat ʼn belang by die bekendstelling gehad het bedank en die PSG-personeel uitgesonder vir hul voortdurende harde werk.

Kontak gerus hul kantore vir verskeie finansiële beplannings- en versekeringsdienste by 014 940 0982.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.