Van krag tot krag …

Staande agter is Kobus en Lenie en voor sit Christa
Staande agter is Kobus en Lenie en voor sit Christa

LEPHALALE/THABAZIMBI — Bertie Joubert Eiendomme het op 1 September 2004 in Thabazimbi begin onder leiding van Bertie Joubert wat onder andere ‘n PHD in Ontwikkeling en Bestuur het.  
Bertie Joubert Eiendomme het intussen uitgebrei na Lephalale, Northam en Leeupoort waarvan Bertie die prinsipaal is. Hulle bedien ook ‘n wye plaasgebied. Bertie Joubert Eiendomme was betrokke by ‘n groot verskeidenheid dorpstigtings, hersonerings, onderverdelings en het verskeie alleenmandate vir groot ontwikkelings in Thabazimbi gehad. Agente en personeel by Bertie Joubert Eiendomme is hoogs gekwalifiseerd en spesialiste in bemarking.
Die Lephalale-tak waarvan Kobus Janse van Rensburg, Barend Gerber en Bertie Joubert mede-aandeelhouers is, is tans in hul tiende jaar in die eiendomsbedryf in Lephalale en hulle gaan steeds van krag tot krag. Dié tak se personeel bestaan uit Christa Engelbrecht, wat vir die afgelope drie jaar werksaam is in die administrasie-afdeling en Lenie Brink, wat haar pas as agent aangesluit het. Lenie gaan haar hoofsaaklik op die bemarking van residensiële eiendomme toespits en Kobus op plase en plotte. Kobus was vir jare die alleenagent by die agentskap en sê hy is dankbaar en glo Lenie is ‘n aanwins vir die maatskappy, veral met die uitbreiding van Lephalale. Lenie was ‘n suksesvolle agent in Pietersburg sowel as Oos-Londen en sy is dus vertroud met die bemarking, sowel as verkope en verhuring van eiendomme.
Die agentskap se motto is om ‘n een-stop professionele diens aan kliënte te bied en hulle streef daarna om elke dag waarde toe te voeg tot die omgewing en die kliënte.
Kontak Bertie Joubert Eiendomme in Lephalale se kundige span by
014 763 1142.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.