Van Wykshout/Tree Wisteria/Bolusanthus Speciousus (222)

Kobus Roux, 082 923 0917

Kobus by die Van Wykshoutbome by sy kwekery

Van Wykshoutbome wissel van immergroen tot bladwisselend, afhangend waar die boom staan (tuin of veld).

Die Van Wykshout kan tot 18 m hoog word, maar kan selfs in potte aangeplant word.

Hierdie bome is reeds suksesvol langs die Mogolrivierroewer aangeplant waar dit gereeld koue winters deurstaan. Diere en mense benut die boom waarvan gemsbokke en kameelperde die blare vreet, terwyl wortelaftreksel deur mense vir ’n braakmiddel aangewend word.

Die Van Wykshout is ’n baie harde houtsoort wat dit droogte- en termietbestand maak, terwyl die wortelsisteem nie as aggresief beskou word nie.

Dié bome is ’n goeie inheemse alternatief vir diegene wat hou van die persblou blomme wat ’n Jakaranda dra.

’n Voorbeeld van die Van Wykshout kan by die NG Albertynkerkterrein en by die Burgersentrum gesien word. Laasgenoemde boom is ongeveer 25 jaar oud en reeds volwaardig groot.

Van Wykshoutbome is beskikbaar by African Trees, Witkoppad.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.