Vyfster vryheid

Die trotse Tamboti Toyotaspan (Nog foto’s is op Mogol Pos se facebookbladsy – deel gerus met u vriende)
Die trotse Tamboti Toyotaspan
(Nog foto’s is op Mogol Pos se facebookbladsy – deel gerus met u vriende)

LEPHALALE – “Die Toyota Fortuner is in 2006 vir die eerste keer in Suid-Afrika bekendgestel. Die beplanning was aanvanklik om ‘n paar voertuie per maand te verkoop, maar dit het vinnig gestyg tot by die verkoop van sowat 1 000 voertuie per maand.
“Die Fortuner het soveel veld in die SUV-segment gewen dat dit tans die topverkoper in sy klas in Suid-Afrika is.” Dit is die woorde van André Lötter, handelaarshoof van Tamboti Toyota tydens die bekendstelling van die splinternuwe Toyota Fortuner Dinsdagaand 19 April by Machauka Lodge.
Hy het bygevoeg dat dit ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het te oordeel aan die gewildheid daarvan. Verder dra die nuwe model se ontwerp met hope elegansie buite en binne by tot die gewildheid van die taai genoeg voertuig wat enige roete kan aanpak. Hy noem dat “5-ster vryheid” op jou wag wanneer jy een van dié spogvoertuie aanskaf.
Die intieme glansgeleentheid is deur uitgesoekte gaste bygewoon.
Besoek Tamboti Toyota in OR Tamboweg of skakel hulle by 014 763 2294 vir verdere inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.