Waarom is groot motoriese vaardighede belangrik vir my kind?

V.l.n.r: Elsu Bakker, Elzabe de Klerk en Marnelle Human
V.l.n.r: Elsu Bakker, Elzabe de Klerk en Marnelle Human

LEPHALALE — Fisieke beweging tydens skooljare is volgens wetenskaplikes net so belangrik soos om te kan lees, somme te maak of om ‘n goeie selfbeeld te ontwikkel. Die basis van groot motoriese vermoëns is net so belangrik soos wiskundige vermoëns.
Volgens navorsing is kinders met groot motoriese probleme dikwels ongewild by maats. Dit kan lei tot depressiewe kinders wat minder belangrik voel as hulle maats. Dit kan weer lei tot aggressiewe gedrag wanneer hulle dalk gespot word.
Beweging is die kern waarom die ontwikkeling van ‘n jong kind draai. Hulle verkry hulle inligting deur middel van motoriese aktiwiteite. Teen die ouderdom van 12 maande het ‘n kind se brein reeds 50% van die volwasse grootte bereik.
Om dié rede is die vroeë ontwikkeling van die brein belangrik. Daar is kritieke periodes waartydens neutrale breinontwikkeling sensitief is vir stimulasie. Dit word die geleentheidsvenster genoem wanneer jou kind die vatbaarste is vir spesifieke stimuli. Die belangrikste tyd vir groot motoriese ontwikkeling is vanaf voor geboorte tot op vyf jaar. 50% van ‘n kind se leerpotensiaal is reeds op vyfjarige ouderdom vasgelê – van daar af word word dit net verbeter.
Kinders met motoriese agterstande op vyfjarige ouderdom korrelleer positief met leerprestasies – veral in wiskunde en leesvaardighede. Lomp kinders ervaar dit gewoonlik ook moeiliker om te lees en spel.
Aandagafleibaarheid en passiwiteit is twee duidelike tekens van ‘n agterstand in motoriese vaardigehede.
Dit is belangrik om te weet dat ‘n kind se hele menswees deur leerprobleme beïnvloed word. Dit veroorsaak gewoonlik ‘n kettingreaksie omdat die kind nie kan byhou by daaglikse eise wat die wêreld aan hom stel nie.
Daar kan nie van kinders verwag word om op papier te skryf as hulle nie basiese dinge weet soos waar is regs bo aan ‘n bladsy nie.
As ‘n kind se groot motoriese ontwikkeling op standaard of bo standaard is kan dit in die kleuterskooljare veral bydra tot verhoogde selfvertroue. Veral as ‘n groot motoriese aktiwiteit suksesvol uitgevoer kan word waar dit voorheen ‘n probleem was.
Groot motoriese vaardighede dra ook by tot beter kognitiewe ontwikkeling. Kinders leer vinniger as hulle iets aan hulle eie liggame ervaar.
Volgens riglyne moet kinders tussen 12 en 36 maande ten minste 30 minute daagliks aan gestruktureerde fisieke aktiwiteite en 60 minute aan ongestruktureerde aktiwiteite deelneem. Tussen drie en vyf jaar moet gestruktureerde spel verhoog na 60 minute per dag.
Die volgende is moontlike tekens dat ‘n kind sukkel met motoriese aktiwiteite:
Mylpale word later bereik;
Kind kom lomp of styf voor;
Vermy fisieke aktiwiteite
Kan nie regop sit by ‘n tafel nie;
Voer aktiwiteite nie veilig uit nie;
Sukkel om deur ‘n vol skooldag te kom;
Sukkel met inkleurwerk;
Neem lank om te teken of skryf;
Lae energievlakke;
Eet stadig.
Gebrekkige groot motoriese vermoëns verdwyn nie wanneer ‘n mens ouer word nie, daarom is dit belangrik om reeds op ‘n vroeë ouderdom hieraan aandag te gee. Dit is belangrik dat kinders aktief speel en daarmee kan Elsu Bakker, kinderkinetikus en haar span, Elzabe de Klerk (wat nuut by hulle aangesluit het) en Marnelle Human kinderkinetikus help.
Elsu Bakker heet Elzabe dan ook van harte welkom by die span. Skakel hulle by 084 365 5096 om te belê in jou kind se ontwilkkeling.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.