Welkom in Lephalale

George van der Hoven
George van der Hoven

LEPHALALE – George van der Hoven, bekende oogkundige in die Waterberg-distrik, het onlangs sy Warmbadpraktyk gesluit en ‘n praktyk in 2B Jan Leestraat in Lephalale oopgemaak. Sy praktyk is langs Goldwagen geleë, waarvan hy ook die eienaar is. Hy het ook praktyke in Nylstroom en Vaalwater.
George is reeds 25 jaar in die oogkunde-bedryf en tydens sy verdere studies het hy waardevolle kennis opgedoen oor die verwydering van voorwerpe uit die oog. Hy pas ook met groot sukses harde en sagte kontaklense.
Goeie nuus is dat sy praktyke by meeste van die bekendste mediese fondse ingekontrakteer is. Diegene wat nie oor ‘n mediese fonds beskik nie kan van sy spesiale pakkette gebruik maak wat deurlopend beskikbaar is. Kliënte kan kies uit ‘n verskeidenheid handelsnaamrame. Hy is die tipe oogkundige wat jy te alle tye met jou visie kan vertrou!
George hou van gesels en van die bosveld en sy mense. Hy nooi graag die gemeenskap uit om hom te besoek of te skakel by 014 763 1380 vir afsprake. Hy sien uit daarna om die gemeenskap van Lephalale en omgewing van diens te wees.
George het saam met wyle Hendrik Kock, wat welombekend was in die bosveld, studeer en hulle was goed bevriend.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.