Welkom

Ontmoet vir Shaun en Hermann, nuwe eienaars van die Pick n Pay Familie Supermark in die Lephalale Square
Ontmoet vir Shaun en Hermann, nuwe eienaars van die Pick n Pay Familie Supermark in die Lephalale Square

LEPHALALE – Die gewilde Pick n Pay Familie Supermark in die Lephalale Square het geen bekendstelling nodig nie. Dit is immers al vir jare ‘n gevestigde baken in die Lephalale-landskap.
Vanaf 1 Maart het die supermark van eienaars verwissel en Shaun van der Westhuizen en Hermann Jordt staan nou aan die stuur van sake. Hermann was voorheen vir 13 jaar by PnP betrokke en daarna het hy hom by McCain Foods aangesluit. Shaun was vir 26 jaar werksaam by die korporatiewe afdeling van die PnP-winkels. Dié twee vriendelike manne is dus glad nie onbekend met die supermarkbedryf nie!
Beide beklemtoon die feit dat hulle dié supermark kon bekom as ‘n ongelooflike geleentheid en die bonus is natuurlik die tipe leefstyl wat die bosveld bied. Dit is duidelik dat Shaun en Hermann baie goed in dié plattelandse omgewing gaan aanpas.
Hulle ervaar die bosvelders as baie vriendelik en bedank die gemeenskap wat hulle met oop arms verwelkom het. Shaun en Hermann streef daarna om ‘n onverbeterlike diens aan die Lephalale-gemeenskap te lewer met ‘n hele paar splinternuwe planne en idees op die tafel. Hulle is ook dankbaar om te kan voortbou op die sukses van die supermark wat jare gelede deur Stephan van Heerden en sy familie begin is. En omdat dit ‘n familie-supermark is, glo hulle aan die belangrike rol wat persoonlike kliëntediens in ‘n besigheid speel. “Interaksie met die publiek is van onskatbare waarde. Ons wil hoor wat die mense sê en wat die mense wil hê”.
Hulle nooi dus die gemeenskap hartlik uit om hulle by die Pick n Pay in die Lephalale Square te gaan ontmoet, want dit bied weer aan hulle die platform om die bosveld en sy mense beter te leer ken!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.