Wielefees

LEPHALALE – Emslie Motors se Tamboti Toyota, Matopi Ford en Mogol Motors, het vanaf 9 – 11 Februarie ‘n Wielefees aangebied. Al drie die besighede is gerieflik bymekaar geleë in OR Tamborylaan. Die vlae het deurentyd gewapper en spogvoertuie en landbou-implimente was oral te sien.
Op uitstalling was onder andere die Toyota Fortuner, een van die finaliste vir Wesbank se Voertuig van die Jaar en het veral baie belangstelling gelok. Die Toyota Hilux en Ford Ranger, albei aan die voorpunt van topverkopers, het met trots gepronk saam met ander puik produkte uit die Toyota- en Ford-stal. Mogol Motors het al die bekende handelsname wat broodnodig is in die landbousektor ten toon gestel.
Verkoopspersoneel en die bestuur het besoekers verwelkom met vriendelikheid en kundige advies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.