Wildman weer wenners

wildman-IMG_4418
Francois Kruger met sy koedoehoringtrofee en sertifikaat vir Verkoopsman van die Jaar, asook die blesbokhoringtrofee wat Wildman Lephalale vir hulle derde plek ontvang het

LEPHALALE — Wildman Lephalale-tak het sowaar weer ‘n wenner van ‘n verkoopsman! Die jaarlikse “Wildman Roadshow”-funksie het verlede Donderdag 15 Maart plaasgevind en Wildman Lephalale het uitgeblink tussen 14 takke landswyd.
Francois Kruger is vereer as die nasionale Verkoopsman van die Jaar en die kroon weggeraap voor sy vriend en mede-verkoopsman, Jacko Pieterse, wat verlede jaar dié prestasie behaal het. Wildman Lephalale is aangewys as die derde beste Wildman-tak. Richard Louw jr (eienaar) sê dat hul goeie personeelkorps hul passie uitleef in dit wat hulle doen. Volgens Richard is Francois ‘n toegewyde verkoopsman wat met oorgawe en vriendelikheid besigheid doen en hy beskou sy toekenning as ‘n groot prestasie. “Om gekies te word uit 60 verkoopspersone vanaf die suide in die Kaap tot hier bo in die noorde is goed. Baie goed.” Die feit dat die Wildman-span basies almal boorlinge van Lephalale is, vergemaklik die uitstekende interaksie met die gemeenskap. “Ons ken die bosveldmense en hulle ken ons. Dit is lekker”, sê Richard.
Richard bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning en nooi amal om Wildman Lephalale in Booysenstraat te besoek of hulle te skakel by 014 763 1811.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.