11 Bossies in Limpopospan

Die volgende leerders is in die Limpopospan opgeneem. Voor: Joshua Young; Carli Botha; Luane van der Neut; Nika Snyman; Keagen Morgen en agter: Anika van Rooyen; Arno Besseling; Derik Besseling; Sheldon Morgen; Kwena Makgamagha en Tebogo Mikhomazi

Lorize Marx
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary kan met reg spog met hulle landlopers, want vir die eerste keer in 30 jaar is 11 Bossies gekies om deel te wees van die Limpopo-landloopspan.
Die atlete het hard gewerk die afgelope seisoen en hulle afrigters sê elkeen van hulle verdien om in die span te wees. Hulle het selfs gedurende die vakansie getrou geoefen om topfiks te kan wees.
Die Limpopo-kampioenskappe word Saterdag 10 September in George gehou.
Skoolhoof Louwtjie Pretorius sê dit is die beste verjaarsdaggeskenk wat die skool kon kry en hulle wens die atlete alle voorspoed toe vir die kampioenskappe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.