12 Bossies in Limpopolandloop

LEPHALALE — Die Limpopo-landloopkampioenskappe is Saterdag 4 Augustus in Polokwane gehou en die landlopers van Laerskool Bosveld Primary het tydens dié geleentheid die vrugte gepluk van maande se harde werk toe 12 van hulle gekies is vir die Limpopospan.

Voor v.l.n.r.: Franco Myburg, Friedrich Neethling, Simon Young, Daniel de Klerk. Middel: Makgoka Lekganyane, Lebo Molemoge, Simoné Schutte, Nuan Snyman. Agter: Joshua Young, Timothy Moraba, Nika Snyman en Ninke de Klerk

Dié 12 atlete gaan op 7 en 8 September aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe te Port Elizabeth deelneem.

Hulle is Nuan Snyman, Simon Young, Daniel de Klerk (o. 8); Simone Schutte, Makgoka Lekgangane, Franco Myburg, Fredrich Neethling (o. 9); Ninke de Klerk, Nika Snyman (o. 10); Joshua Young, Lebo Molemoge (o. 11) en Timothy Moraba (o. 13).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.