LEPHALALE – Die jaarlikse Waterbergtak se SAJWV-familieskietdag is Saterdag 17 Februarie by die Knapskootskietbaan gehou.

Altesaam 149 skuts het deelgeneem aan verskeie kategorieë waaronder tabelskiet, “big bore”, handwapens, semi’s en junior .22.
Baie pryse is aangebied vir onder andere die beste man- en dameskut, familieskut en die algehele wenner.
Pastoor Attie van Wyk en sy span het gesorg vir die verversings en Tienie du Plessis vir die musiek. Dr Willie Barnard word bedank dat die dag by Knapskootskietbaan aangebied kon word.
Die organiseerders bedank Herman de Lange (voorsitter), Cas de Jager (sekretaris) asook Johan Koekemoer van Waterbergtak en sy baanbeamptes vir al die reëlings en die veiligheid van die deelnemers, asook al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het.