1ste krieketspan roer die sake

Die 1ste krieketspan
Die 1ste krieketspan

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se eerste krieketspan het die span van Hoërskool Warmbad Saterdag 3 September op tuisgrond gewys waartoe hulle in staat is en hulle wen die wedstryd met drie paaltjies.
Dian Pitout vat vyf paaltjies en Neil Steyn drie. JD Smit maak ‘n goeie 73 lopies en Janus Reynecke 22. Janus het ook ‘n yslike vangskoot uitgevoer en ‘n sterk kolwer van Warmbad wat reeds 50 lopies gemaak het, uitgevang met Dian se boulwerk.
Die span spog dat hulle vanjaar tot dusver onoorwonne is en hulle hoop dit bly so vir die res van die seisoen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.