
Leoni Kruger
SWARTWATER — 29 gimnaste van Swartwater Gimnastiekklub het in Juniemaand aan ‘n Limpopo-gimnastiekkompetisie by Castle de Wildt net buite Modimolle (Nylstroom) deelgeneem en 25 van hulle het Limpopospan gehaal.
Dié 25 gimnaste het as deel van die Limpopospan aan die einde van Junie aan die Noord-Sone gimnastiekkompetisie by die Matsportsentrum te Eldoraigne deelgeneem.
Die gimnaste wat Limpopospan gehaal het is dogters – vlak 1: Anke Janse van Vuuren, Megan Honeyborne, Deonè Malherbe, Elza Zietsman, Marelize van Greunen en Marcelle Schoeman; vlak 2: Carla Booyse, Aleyneh Pienaar, Annemie Nel, Sumarie Booyse, Carike Nel en Ilmari van Greunen; vlak 3: Lisa O’Neil, Lara Van Staden en Zanè Janse van Vuuren.
Seuns – vlak 1: Hennie Schoeman, Taan Zietsman, DB Riekert, Luca Grimbeek, Duan van Staden en Luhan Groenewald; vlak 2: Reino Jonker en Marnus van Greunen; vlak 3: Nick Jones en Bismarch van Blerk.
Die vlak 4-seuns en -dogters neem op 5 Augustus aan hul eerste kompetisie vir die jaar deel.