2x Limpopo-kampioene

2x-limpopo-kampioene

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se o. 11-krieketspan het Vrydag 4 November in die finaal van die Limpopo-kampioenskappe in Polokwane deelgeneem en vir die tweede jaar na mekaar as Limpopo-kampioene weggestap.
Nadat hulle eerste geboul het moes hulle 150 lopies in 30 boulbeurte aanteken om te wen. Hulle het die telling verbygegaan met slegs twee paaltjies plat.
Die volgende spelers het uitgeblink met hul kolfwerk: FJ Drotski – 31 lopies, Xander Loubser – 26 nie uit nie en Divan Malan – 66 nie uit nie. Reon Naude het vier paaltjies geneem.
Die afrigters van die span sê hulle is ongelooflik trots op hulle span wat weer Limpopo-kampioene is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.