3 broers presteer

Die drie Van Blerk-broers het almal Limpopo-kleure ontvang. Hulle is v.l.n.r.: Rosier, Bismarck en Jadrin
Die drie Van Blerk-broers het almal Limpopo-kleure ontvang. Hulle is v.l.n.r.: Rosier, Bismarck en Jadrin

Leoni Kruger
SWARTWATER — Die drie Van Blerk-broers van Swartwater, Bismarck (9), Jadrin (11) en Rosier (14), het elk onlangs in eie reg presteer en al drie het Limpopo-kleure ontvang.
Rosier, ‘n leerder van Hoërskool Pietersburg, het aan die Skole luggeweer-kompetisie by Pietersburg skietklub deelgeneem en uitstekend gevaar. Die reël is dat elke skut drie keer ‘n MQS (Minimum Qualifying Score) moet skiet om vir Limpopokleure in aanmerking te kom en Rosier het dit gedoen en sy Limpopokleure gekry.
Jadrin behaal op sy beurt ‘n eerste plek in Limpopo-gimnastiek en Bismarck behaal ‘n derde plek. Beide Jadrin en Bismarck is leerders van Laerskool Unitas in Swartwater en hulle ontvang Limpopokleure vir Unitas Gimnastiek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.