3 Lubbes by 3-kamp

Izobel (10), Jordan (4) en Deine Lubbe by die driekamp-kompetisie by Stanford Lake College
Izobel (10), Jordan (4) en Deine Lubbe by die driekamp-kompetisie by Stanford Lake College

VAALWATER — Drie lede van die Lubbe-gesin van Vaalwater het Sondag 13 Maart aan ʼn driekampkompetisie by Stanford Lake College in Limpopo deelgeneem. Hulle sê dit was vir hulle baie besonders om dit as gesin te kon doen.
Deine Lubbe (31) het ʼn jaar gelede reeds begin oefen om fiks genoeg te wees, maar het ʼn maand gelede besluit dat sy twee kinders, Izobel (10) en Jordan (4) ook moet saamgaan.
Jordan was die jongste deelnemer wat die kompetisie voltooi het en die enigste inskrywing in sy ouderdomsgroep (natuurlik het hy lag-lag gewen!)
Deine het een kilometer geswem, 26 kilometer bergfiets gery en 10 kilometer gehardloop en ʼn dertiende plek behaal, terwyl die twee kinders elk 80 meter geswem, drie kilometer fiets gery en een kilometer gehardloop het.
Izobel en Jordan is beide leerders van Waterberg Academy in Vaalwater.
“Ek is baie trots op die drie ander lede van my gesin se deursettingsvermoë,” sê Zadia Lubbe, Deine se vrou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.