3x brons vir Mogolstoei

LEPHALALE — Mogol Stoeiklub het Saterdag 1 Junie aan die Frank Joubert-ope deelgeneem en ’n suksesvolle dag op die stoeimat gehad. Dit was die klub se derde kompetisie vir die jaar.

Maré Pieterse, Alex de Lange en Johrne Davies het elk ʼn brons medalje ontvang.

Die volgende kompetisie, ʼn vriendskaplike kaalvoetbyeenkoms, is Vrydag 7 Junie in Mokopane.

Die afrigters wens die klublede sterkte toe met die volgende kompetisie asook hulle voorbereidings vir die SA’s wat aan die einde van September 2019 gehou word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.