55 medaljes by Interhoër

Moeg maar tevrede
Moeg maar tevrede

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die atlete van Hoërskool Ellisras het Saterdag 27 Februarie aan die Interhoër-atletiekbyeenkoms te Mookgophong (Naboomspruit) deelgeneem en 55 medaljes – 16 goud, 24 silwer en 15 brons ontvang.
Loutjie Steenekamp (s o.17) het vir groot opwinding gesorg toe hy ‘n rekord verbeter in die 400m hekkies met ʼn wentyd van 53.49s (808 ASA). Hy behaal ook ‘n eerste plek in die 110m hekkies met ‘n tyd van 14.54 (832 ASA).
Eerste plekke gaan ook aan Larissa Nel (d o.17) wat sommer drie eerste plekke inpalm: 100m hekkies – 15.22s (799 ASA), 100m – 12.52s (753 ASA) en 400m hekkies – 1.09.30 (768 ASA). Charnè Vosloo (d o.16) behaal twee eerste plekke – 100m – 12.59s (756 ASA) en 200m – 26.38 (758 ASA). John Mogoloana (s o.19) behaal ook twee eerste plekke – 400m 49.75 (763 ASA) en 400m hekkies 57.03s. Nog eerste plekke gaan aan: Steyn van Staden (s o.16) hoogspring 1.75m, Clifford Els (s o.19) hoogspring 1.89m, Sithari Murangi (d o.14) verspring 4.27m, Conrad Prinsloo (s o.15) diskus 49.67m (783 ASA), Neil Steenkamp (s o.15) hoogspring 1.70m, Bernice Moller (d o.15) 300m hekkies 50.55s (767 ASA), Nelia Grobler (d o.16) diskus 30.43s (779 ASA).
Tweede plekke word behaal deur: Clifford Els (s o.19) spiesgooi 51.10m, Cameron Morgan (s o.19) 110m hekkies 16.05s (722 ASA), Hannes Pretorius (s o.16) 110m hekkies 15.45s (768 ASA), Anelia du Plessis (d o.16) 100m hekkies 18.19s, Anina van Schalkwyk (d o.19) spiesgooi 31.34m, Bernice Moller (d o.15) 90m hekkies (760 ASA), Jason Venter (s o.19) hoogspring 1.83m, Gerrie Blom (s o.16) 100m 11.44s (706 ASA), verspring 5.99m en 200m 23.21s (727 ASA), Johan van Niewenhuisen (s o.15) gewigstoot 14.07m (712 ASA) en spiesgooi 49.81m, Revel de Bruin (s o.15) 200m 23.76 (703 ASA), Ashley Nengobela (s o.14) 1 500m 5.05.23s, Janco Lotter (s o.14) spiesgooi 45.16m, Cherantè Snyman 400m 1.04.67s, Divan Geldenhuys (s o.15) hoogspring 1.70m, C Nortje (s o.14) hoogspring 1.53m, Bianca Nel (d o.14) 400m 1.05.36s, Bettie Schoeman (d o.15) 400m 1.06.98s, Steyn van Staden s o.16 800m 2.07.82s.
Maandagoggend tydens die saalopening by die skool het Theunes van Staden die junior seuns geprys en gesê dat EHS se junior seuns baie goed gevaar het en net agt punte minder as die wenspan behaal het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.