LEPHALALE — Leerders van Hardekool Akademie het die afgelope naweek aan die BCVO Winterspele te Groblersdal deelgeneem.

Rugby en netbalspanne vanoor die hele land het teen mekaar meegeding en ses seuns van Hardekool Akademie is gekies vir die BCVO o. 13 Nasionale rugbyspan.