8 van EHS na SA’s

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se atlete het Saterdag 9 Maart aan die Limpopo-atletiekkampioenskappe in Polokwane deelgeneem en agt van EHS se atlete kwalifiseer om aan die SA-kampioenskappe deel te neem. Hulle is:

V.l.n.r.: Jadrin van Blerk, Bianca Nel, Christelle van der Merwe, Christi Kaiser, Nachelle Beetge en Tokkie de Beer (inlas Conrad Prinsloo en Tshepang Dankuru)
  • Christelle van der Merwe (o. 15) in die 100 m (eerste plek) 12,40 s, 200 m (eerste plek) 25,75 s en verspring (tweede plek) 5,14 m;
  • Christi Kaiser (o. 15) in die 400 m (eerste plek) met ʼn tyd van 59,12 s;
  • Nachelle Beetge (o. 16) behaal ʼn eerste plek in die 400 m hekkies met ʼn tyd van 62,94 s;
  • Jadrin van Blerk (o. 14) in hoogspring (1,75 m);
  • Tshepang Dankuru (o. 14) in hoogspring (1,72 m);
  • Tokkie de Beer (o. 17) behaal ʼn eerste plek in die 110 m hekkies met ʼn tyd van 14,38 s en ʼn tweede plek in die 400 m hekkies met ʼn tyd van 54,72 s.
  • Conrad Prinsloo (o. 19) in diskus met ʼn afstand van 42,53 m.
  • Bianca Nel (o. 17) behaal ʼn tweede plek in beide die 100 m met ʼn tyd van 11,84 s en die 400 m met ʼn tyd van 58,00 s en sy behaal ʼn derde plek in die 200 m met ʼn tyd van 24,50 s.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.