
LEPHALALE — Adri Gerber het Saterdag 5 November ‘n groot prestasie behaal by Mogol parkrun. Sy is die eerste Limpopo-gebaseerde vrou wat 100 parkruns voltooi en daarmee is sy ook die vierde lid van Mogol parkrun se 100-klub.
Die ander vier lede is Andre Stevens en Neels en Divan Gerber. Die hele Gerber-gesin is dus nou 100-klub-lede. ‘n Goeie voorbeeld en aansporing vir die res van Mogol parkrun-lede.