Al beter voor Interhoër

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die atlete van Hoërskool Ellisras het Saterdag 13 Februarie aan die Waterberg Distrikatletiekkampioenskappe in Mokopane (Potgietersrus) deelgeneem. Dit was die voorlaaste byeenkoms voor die Limpopoproewe wat 4 Maart by die Peter Mokaba stadion in Polokwane gehou word.
Die plekke wat atlete by dié byeenkoms behaal het, is volgens die kenners ‘n redelike aanduiding van wat mens by die Interhoër atletiekbyeenkoms te wagte kan wees.
John Mogohloana (s o.19) behaal twee eerste plekke vir 110 m en 400 m hekkies. Bernice Möller (d o.15) behaal ook twee eerste plekke vir 90 m en 300 m hekkies, Revel de Bruin (s o.17) wen die 200 m, Brenda Coetzee (d o.19) behaal ‘n eerste plek in verspring, Nelia Grobler (d o.17) behaal ‘n eerste plek in diskus, Larissa Nel (d o.17) behaal ‘n eerste plek in 100 m hekkies, Charnè Vosloo (d o.17) is eerste in die 100 m en Jason Venter (s o.19) in hoogspring.
Tweede plekke: Loutjie Steenekamp (s o.17) 110 m en 400 m, Johan J van Niewenhuisen (s o.15) gewigstoot, Revel de Bruin (s o.15) verspring, Larissa Nel (d o.17) 100 m, John Mogohloana (s o.19) 400 m, Michael Kotze (s o.19) gewigstoot, Divan Geldenhuys (s o.15) hoogspring en Wiham du Plessis (s o.17) spiesgooi.
‘n Vriendskaplike atletiekbyeenkoms word Vrydag 19 Februarie in Modimolle (Nylstroom) gehou tussen Hoërskool Ellisras, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Nylstroom en Waterberg Academy. Daarna wag die Interhoër atletiekbyeenkoms.
Die afrigters sê dit was tot dusver ‘n baie besige atletiekseisoen met baie goeie gevolge.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.