Atlete presteer by SA’s

LEPHALALE — Twee atlete van Mogolatletiekklub het die naweek van 26, 27 en 28 April vir Gauteng-Noord aan die SAMA (Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe) by die Mangaung Stadion in Bloemfontein deelgeneem en uitstekend gevaar.

Petro Kruger en Elmé Young

Elmé Young neem deel in die kategorie 45-49 jaar en behaal ʼn eerste plek in die 400 m met ʼn tyd van 64,2 s. Sy behaal ʼn tweede plek in die 100 m (13,3 s) sowel as in die 200 m (27,8 s) en kwalifiseer in al drie items vir SA-kleure.

Petro Kruger neem deel in die kategorie dames 35-39 jaar en behaal ʼn tweede plek in verspring (4,71 m) en ʼn derde plek in die 200 m met ʼn tyd van 29,37 s.

Elmé en Petro sê hulle is deel van ʼn wonderlike groep wat mekaar ondersteun, aanmoedig en uitdaag.

Hulle bedank Jan Vos, hul afrigter, vir die positiewe atmosfeer wat hy skep en die tyd wat hy afstaan aan die sport.

“Jan se liefde vir atletiek en sy onbaatsugtige diens aan die gemeenskap is sigbaar,” sê Elmé.

Dié oefengroep het al vele nasionale atlete opgelewer wat op internasionale vlak deelgeneem het waaronder Elaine Pretorius, Loutjie Steenekamp, Elmé Young en Jean Pretorius.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.