Atlete vaar goed

Voor: Jessica Adlem en agter v.l.n.r.: Louis van Rooyen (afrigter), Solomon Moruni, Maringi Mulaudzi, Samuel Maela, Nico Snyman, Brian Legodi en Frikkie Snyman (Snyman en Oosthuizen Rekenmeesters)

Ria Wells
LEPHALALE — Enduratrack Athletics Club is kliphard besig om die middel- en langafstandatlete van Hoërskool Ellisras af te rig met die oog op volgende jaar se Interhoër wat by die skool plaasvind. Die klub rig ook ouderdomme af buite skoolverband.
Op 6 Mei het die atlete van EAC aan die LIMA Landloop Liga 1-byeenkoms te Settlers asook die Liga 4-byeenkoms (interprovinsiaal) op 10 Junie te Bronkhorstspruit deelgeneem.
Tydens die Liga 1-byeenkoms het Jessica Adlem in die 3 km dogters o. 13 ‘n derde plek behaal met ‘n tyd van 12:37. Samuel Maela het in die 10 km wedloop vir senior mans o. 23 ‘n 15de plek behaal met ‘n tyd van 34:22. Solomon Moruni behaal ‘n tweede plek in die 10 km wedloop vir senior mans met ‘n tyd van 30:08. Nico Snyman, Brian Legodi en Maringi Mulaudzi neem deel aan die 6 km wedloop vir seuns o. 16 en behaal onderskeidelik agtste, 27ste en 18de plekke met hul tye 19:20, 20:40 en 19:50.
Tydens die Bronkhorstspruit-interprovinsiale byeenkoms (Liga 4) waar meer as 2 000 atlete deelgeneem het, het die bogenoemde atlete ook goed gevaar.
Enduratrack Athletics Club wens die atlete geluk met hul prestasies tot dusver. Die atlete neem op 29 Julie deel aan Liga 5 te Magoebaskloof en hulle bedank die borge wat die deelname van die atlete moontlik gemaak het. Na die Liga 5-byeenkoms gaan die span gekies word vir die Limpopo-kampioenskappe.
Oefentye is Maandag tot Vrydag vanaf 16:30 tot 18:00 by Hoërskool Ellisras. Kontak Louis van Rooyen by 063 334 6143 vir enige verdere navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.