Atlete van die toekoms

Ria Wells
LEPHALALE — Laerskool Ellisras se kleuterskool het Saterdag 18 Februarie ‘n geslaagde interkleutersportdag gehou met deelnemers van verskeie kleuterskole in die omgewing.
Dit was duidelik dat al dié atlete en hul ouers dit geweldig baie geniet het. Elke deelnemer het ‘n medalje ontvang, die eerste plekke is beloon met trofeë en die tweede en derde plekke het sertifikate ontvang.
Tinkie Pretorius, organiseerder, bedank veral die ouers wat die moeite gedoen het om hul kleuteratlete na die sportdag te neem vir deelname. Sy beskou dit as baie belangrik dat kinders reeds van ‘n jong ouderdom af leer van gesonde kompetisie en sosialisering.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.