Bakgat boogskuts

FA Kemp van Hoërskool Ellisras

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Saterdag 13 Mei ‘n boogskietkompetisie op tuisgrond aangebied. Boogskuts van Lephalale Primary, Laerskool Bosveld Primary, Waterberg Academy, Hoërskool Ellisras, Vaalwater Tuisonderrig en Laerskool Ellisras het die skielike koue weer trotseer om aan die kompetisie deel te neem.
Die hoogste telling van 287 is deur Nadia Nortjé van Waterberg Academy behaal. Hoërskool Ellisras se top-skuts was Nelia Grobler met 274, FA Kemp met 265, Michska Witbooi met 264, Waldo Maritz met 261, Marco Esbach met 257 en Armand du Plessis met 254.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.