“Battle of the Ages”- gholf

Die wenners

Ria Wells
LEPHALALE — Die Machauka Lodge “Battle of the Ages”-gholfkompetisie het Saterdag 18 Februarie plaasgevind.
Ouderdomme 12 – 29, 30 – 39, 40 – 49 en 50 jaar plus het dit teen mekaar uitgespook vir dié gesogte trofee en ongeveer 60 spelers het daaraan deelgeneem. Die kompetisie is in IS-formaat gespeel en die ses beste tellings in elke ouderdomsgroep is bymekaar getel om die uiteindelike wenners te bepaal.
Dit blyk of die oueres die jongeres die loef afgesteek het. Ouderdomsgroep 40 – 49 jaar het gewen met spelers David Diamond, Riaan Nel, Natie Pretorius, Willie Roux, MC van Deventer en Gert Pepler met ‘n gesamentlike punt van 209. Die 50 jaar plussers was op hul hakke met spelers Vincent Alverado, Deon Buys, Hilton McCabe, Willie Loots, Pierre Malan en Johan Nel met ‘n gesamentlike punt van 187.
Jan Beyer, gholfbestuurder, het almal wat deelgeneem het van harte bedank asook Machauka Lodge vir die pryse en eetgoed.
Boela Burger het die pryse oorhandig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.