Bedrywige sportweek vir EHS

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het ‘n baie bedrywige sportweek gehad en die meeste wintersportspanne het teen ander spanne meegeding.
The soccer teams of Hoërskool Ellisras took part in the Ray Motsepe Competition on Wednesday 24 May. The EHS under o. 19 team won the team of Mabelane Seleka Technical School with a score of 3–0. Moloko Dinale scored 2 goals and Thobane Canon scored one.
Hoërskool Ellisras se rugby-, netbal- en hokkiespanne het Saterdag 27 Mei aan ‘n sportdag teen Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong (Naboomspruit) deelgeneem.
Die netbalspanne het baie goed gevaar – die o. 14A-span wen 24–2, die o. 15A’s wen 21–13 en die o. 15B’s wen 19–7. EHS se o. 14-netbalspan dring deur na die finale uitspeelronde wat Saterdag 3 Junie in Polokwane (Pietersburg) sal plaasvind.
Die o. 14-rugbyspan het hulle teenstanders behoorlik ore aangesit. Feitlik elke lid van die span het die geleentheid gekry om ‘n drie of twee te druk. Die wedstryd is deur Hoërskool Hans Strijdom gestop toe die telling 60–0 was in EHS se guns.
Die o. 15-span het net so goed gevaar en wen hulle wedstryd met ‘n telling van 59–0. Volgens die toeskouers was dit pragtige hardlooprugby. Die tweede span wen hulle wedstryd 10–5 nadat Erik van der Walt in die doodsnikke van die wedstryd oor die doellyn geseil en ‘n drie gedruk het.
Die o. 16-hokkiespan wen ook hulle wedstryd 1–0, maar die o. 15-span verloor 0–1.
Die skool bedank almal – veral die ouers – wat ver agter hulle kinders aanry en die skolesport so ywerig ondersteun.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.