Belowende atlete

Nelia Grobler, Johan Pistorius, Loutjie Steenekamp, Rianza Gouws, Johan Jansen van Niewenhuizen, Charnè Vosloo en Conrad Prinsloo
Nelia Grobler, Johan Pistorius, Loutjie Steenekamp, Rianza Gouws, Johan Jansen van Niewenhuizen, Charnè Vosloo en Conrad Prinsloo

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se atlete het Saterdag 22 Oktober aan die Marius Lengton-atletiekbyeenkoms in Polokwane deelgeneem.
Loutjie Steenekamp het soos altyd geskitter in die 400 m hekkies, 110 m hekkies en 100 m en drie eerste plekke behaal. Nog eerste plekke behaal is Rianza Gouws in gewigstoot, Larissa Nel in die 100 m en Nelia Grobler in diskus.
Atlete wat tweede plekke behaal het is Conrad Prinsloo – gewigstoot, Johan Jansen van Niewenhuizen – spiesgooi, Larissa Nel – 100 m hekkies, Johan Pistorius – diskus en Charnè Vosloo – 100 m.
Johan Jansen van Niewenhuizen en Nelia Grobler behaal ook derde plekke in gewigstoot en Wiham du Plessis in spiesgooi.
Die afrigters sê atletiekbyeenkomste soos hierdie is goeie voorbereiding en oefening vir 2017 se atletiekseisoen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.