Bergfietsspan vorder fluks

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se bergfietsryspan het op 12 Augustus aan die “Tour de Nyl” in Modimolle (Nylstroom) deelgeneem.
Henja Glas behaal ‘n derde plek in die 18 km-kategorie en Adriaan Venter ‘n tiende plek.
Die bergfietsspan se ledetal groei en die spanlede is Henja Glas, Adriaan Venter, Christian Young (14de), Xander Higgo (21), Nelius Grieshaber (22), Menno Glas (23), Franco Troskie (30) en Dries van Heerden (38).
Volgens die span en afrigters is daar groot belangstelling in bergfietsry, maar daar is baie van die kinders wat nie dié fietse kan bekostig nie.
Die span rig ‘n vriendelike versoek aan die gemeenskap dat enigiemand wat dalk nie meer nut vir hul fiets/fietse het nie, dit asseblief aan die skool sal skenk.
Indien jy belangstel om ‘n fiets te skenk, skakel Charlene van Staden by 014 763 2105.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.