Bielies van boogskuts

Hennie en Werdie van Staden
Hennie en Werdie van Staden

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala boogklub het die afgelope naweek, 11 en 12 Junie, by Hartbeespoortdam aan die Sedibeng Field-kampioenskappe met afstandskat 80 jaart deelgeneem. Hennie sê hulle moes Sondag snerpende koue trotseer.
Werdie het deelgeneem in die AMFU (Adult Male Freestyle Unlimited) afstandskat tot en met 80 jaart. Hy skiet die eerste dag 542 uit 560 en die tweede dag 545 uit 560. Albei tellings is nasionale kwalifiserende tellings. Hy ontvang ‘n silwer medalje.
Hennie neem deel in die AMBU (Adult Male Bowhunter Unlimited) afstandskat 80 jaart. Hy skiet op die eerste dag 527 uit 560 (nasionaal kwalifiserend) en die tweede dag 523 uit 560. Hy ontvang ‘n goue medalje vir die twee dae saam.
Die volgende kompetisie, die Sedibeng Bowhunter-kampioenskappe tot skatting 60 jaart, vind plaas op 18 en 19 Junie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.