Bo-baas gholfers

Ria Wells
LEPHALALE – Mogolklub se gholfsubseksie het Saterdagaand hul spoggerige jaarlikse afsluiting in die Mogolklub se funksiesaal gehou.
Rohann Schnetler, nuutverkose president, het die verwelkoming, bedankings, asook die prysuitdeling waargeneem.
Hy het gesê dat dit vir die klub ‘n eer is om almal by die geleentheid te verwelkom. Rohann het ook vir Neels Gerber, algemene bestuurder van Mogolklub, bedank vir dit wat hy en sy span deur die jaar vir die klublede en die komitee beteken. Hy het die vorige komitee bedank vir hul goeie werk en gesê dat die nuwe komitee graag daarop sal wil voortbou.
Die uitslae van Saterdag se spel is as volg:
Naaste aan die penne op putjies 4 en 8 was Willie Roux, Eddie Jacobs jr op 11 en Nigel Young op 15. Die dag is spel is in IS-formaat beslis met Johannes Botha wat in die eerste plek eindig, gevolg deur Eddie Jacobs sr, Reinhardt Pretorius, Gert van der Walt en Johan Nel in die vyfde plek.
‘n Spesiale woord van dank het gegaan aan Jan Beyer, gholfbestuurder, Marinda de Lange vir die versiering van die saal asook aan Maningi Spyseniering vir die heerlike verversings.
Trofeëwenners was as volg:
Provinsiale spelers: Gert Pepler en Gerhard Pepler;
Dubbels “Matchplay”-plaatwenners: Louis Rossel en Gert van der Walt;
Dubbels “Matchplay”-wenners: Rohann Schnetler en Riaan de Lange;
Enkel “Matchplay”-wenner: Natie Pretorius;
“Gross Matchplay”: Johan Nel;
Dames-klubkampioen: Nadia van Vuuren;
Klubkampioen C-divisie: Dave Diamond;
Klubkampioen B-divisie: Phillip du Toit;
Klubkampioen A-divisie: Jaco Loubser;
Kampioen van kampioene: Riaan Nel;
Beste vordering – dames: Nadia van Vuuren;
Junior Speler van die Jaar: Duvan Geldenhuys;
Senior Speler van die Jaar: Johan Nel;
Damespeler van die Jaar: Marinda de Lange.
Marinda wen vanjaar twee medaljes in die B-divisie en sy was deel van die Presidents Cup-wenspan. Sy verteenwoordig die Limpopospan gedurende die Sanlam Cancer Challenge by Sun City en eindig gesamentlik in ‘n derde plek in die B-divisie.
Manspeler van die Jaar: Gerhard Pepler. Gerhard verteenwoordig Limpopo in die volgende toernooie:
15 November: Junior IPT; Januarie: Quadrangular gholftoernooi; Junie: Dimension Data Juniortoernooi; Julie; Nomads SA Boys o. 17; Augustus: Biangular teen Mpumalanga; September: Premier IPT. Gerhard wen ook die volgende Opes: Mogol Ope, Naboomspruit Ope en Thabazimbi Ope (Bielie van die Bosveld).
Die aand is gesellig afgesluit met musiek en ‘n heerlike ete.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.