Boogskut duo weer goud

Hennie en Werdie
Hennie en Werdie

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het die afgelope naweek (7 en 8 Mei) te Hartebeespoortdam aan die Noord-Gauteng SANA boogkietkampioenskappe deelgeneem en weer eens met goud weggestap.
Hennie neem Saterdag deel in die AMBU (Adult Male Bow Hunter Unlimited) afstandskat tot 60 jaart en skiet 357 uit 440. Hy sê hy het ‘n baie moeilike dag gehad, maar behaal bo verwagting ‘n vierde plek. Hy skiet Sondag 389 uit 440. Die twee dae se tellings gee die hoogste gesamentlike telling. Hy ontvang ‘n goue medalje. Hy behaal Sondag die hoogste telling in twee dae en skiet dieselfde dag ‘n SA kwalifiserende telling.
Werdie neem die eerste dag aan die AMFU (Adult Male Freestyle Unlimited) en skiet 395 uit 440 afstandskat 60 jaart. Hy ontvang ‘n goue medalje. Op dag twee skiet hy 398 uit 440 en ontvang ook ‘n goue medalje. Hy het in sy afdeling die twee hoogste tellings in albei dae behaal. Werdie skiet albei dae ‘n SA kwalifiserende telling.
Werdie het ook die naweek van 29 en 30 April aan die SA binnemuurse kampioenskappe by die Universiteit van Pretoria deelgeneem. Hy en twee ander skuts skiet dag een ‘n voltal van 300 uit 300 en hy skiet die tweede dag 298 uit 300. Hy ontvang SA kleure in binnemuurse boogskuts wat beteken dat hy SA kleure in vier boogskietkategorieë het.
Hennie en Werdie neem hierdie naweek (14 en 15 Mei) deel aan die Limpopo Field kampioenskappe tot en met 80 jaart te Thaba Boogklub.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.