Boogskutdag verras

Bossie en EHS boogskuts

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary (LBP) en Hoërskool Ellisras se boogskuts het die naweek van 27 Mei aan die jaarlikse provinsiale boogskietkompetisie, gehou by Lephalale Primary, deelgeneem.
Skuts van LBP wat goeie plekke behaal is Tristan Rautenbach met ‘n eerste plek onder die junior seuns. Hy verbeter hiermee die Limpopo-rekord. Willie Boshoff behaal ‘n derde plek onder die junior seuns. 
Ilis-Mari Venter behaal die eerste plek onder die junior dogters en verbeter ook die Limpopo-rekord. Sy word boonop aangewys as algehele wenner van die dag met ‘n puntetelling van 291 uit 300.
Boogskuts van Hoërskool Ellisras wat uitgestaan het is Waldo Erasmus met ‘n tweede plek onder die senior seuns en Nelia Grobler met ‘n derde plek onder die senior dogters. Hoërskool Ellisras se boogskuts behaal ‘n algehele tweede plek vir die dag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.