Boogskuts by uitdunne

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se boogskietklub is besonder aktief en neem elke Saterdag deel aan Limpopo uitdunne vir volgende jaar se provinsiale span.
Die span het Saterdag 3 September deelgeneem aan ‘n kompetisie wat deur Laerskool Bosveld Primary aangebied is. Die twee ander deelnemende skole was Lephalale Primary en Waterberg Academy van Vaalwater.
Michelle Cilliers behaal ‘n derde – en Whanita Pretorius ‘n tweede plek van die senior dogters.
FA Kemp behaal ‘n derde plek van die senior seuns en Hoërskool Ellisras behaal ‘n algehele tweede plek uit die vier skole.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.