Boogskuts in Bela-Bela

Werdie en Hennie
Werdie en Hennie

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die lede van Mogol Nyala Boogklub het Saterdag 9 April by Bela-Bela Aventura aan die Limpopo ABO kampioenskappe deelgeneem. Sowat 200 skuts het deelgeneem.
Hennie van Staden het in die MSR (Male Senior Release) afdeling afstandskat tot en met 45 jaart sy goue medalje met net twee punte misgeloop. Hy behaal ‘n telling van 195 uit 220. Die wenner in dié afdeling is Helgaardt Mostert van Waterberg boogklub met ‘n telling van 197 uit 200.
Werdie van Staden neem deel in die MBO (Male Bow Hunter Ope) Freestyle afdeling tot en met 50 jaart en behaal 190 uit 220. Hy stap weg met ‘n goue medalje. Die tweede plek behaal 150 uit 220.
Hulle volgende uitdaging is die ABO Suid-Afrikaanse kampioenskappe (been twee) wat 21 en 22 Mei in Krugersdorp gehou word. Volgens Hennie is dit een van die belangrikste ABO’s wat voorlê.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.